Diamant Vroue Bediening

Diamant is ‘n Vroue bediening wat daar is vir elke vrou, maak nie saak wat haar denominasie is nie.

God het ons as vrou, so kosbaar gevind, meer as enige edelsteen, dat Hy Sy seun gestuur het om vir ons te sterf. (Jes 43: 4 & Joh 3:16)  Dit is hoe waardevol jy vir Hom is.

Onder leiding van Annedi Wessels, is DIAMANT gebore deur ‘n droom dat elke vrou hierdie ontdekking sal maak.  Dat elke vrou, jonk of oud, haar waarde sal ontdek en dit nooit weer sal betwyfel of onderskat nie.

Sodat elke vrou, in haar eie reg, die waarheid sal GLO, sodat terwyl sy LEEF, sy die vermoë sal hê om te kan SKYN.

ONS HARTSBEGEERTE EN VISIE:

Dat elke vrou herstel sal word – in haar geloof, in haar verhouding met God, in haarself.  Sodat sy in haar omgewing, daar waar sy woon, werk en leef, ‘n impak sal kan maak.

Dat ons as vrouens, ‘n beweging sal voortbring, waar ons ander vrouens sal help om haar waarde te besef, sodat elkeen van ons, in ons eie reg, kan skyn.